Toerdatum: 03-14 July 2026
Oorsig
Kom toer saam met Prof Chris de Wet en Dr Zander van der Westhuizen deur Turkye insluitend die Sewe Gemeentes van Openbaring en Kappdosië
Hoogtepunte (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)
- Istanbul: Unieke stad aan beide kante van die Bosphorus see geleë
- Kappadosië UNESCO wêreld-erfenis streek met kenmerkende "feetjie-skoorstene" en hoë keëlvormige rotsformasies en rotskerke
- Antiogië in Pisidië: Paulus en Barnabas reis vanaf Pafos daarheen
- Laodisea: Een van die Sewe gemeentes word weens hul louheid gewaarsku ... die Here sal hulle “uit Sy mond spoeg”
- Hierapolis: Een van die grootste en mees uiteenlopende Nekropolisse ter wêreld
- Éfese: Een van die sewe gemeentes met sy indrukwekkende argitektuur
- Smirna: Een van die sewe gemeentes waar die bouvalle van die “markplein” of agora oopgegrawe is tesame met ander interessante oorblyfsels van daardie tyd
- Filadelfía: Een van die antieke Sewe Gemeentes, vandag bekend as Alaşehir
- Sardis: Antieke stad met ‘n geskiedenis wat meer as 3 000 jaar terug dateer
- Thiatíre: Een van die sewe gemeentes, vandag bekend as moderne Akhisar met sy eeu-oue basiliek en verskeie Griekse inskripsies
- Pérgamus: Een van die Sewe Gemeentes en eertydse hoofstad van ‘n groot pre-Romeinse koninkryk