Toerdatum: 03-16 Junie 2026
Oorsig
Kom toer saam met Prof Jannie en Wilma le Roux deur Turkye insluitend die Sewe Gemeentes van Openbaring, plus ‘n luukse bootvaart na die Griekse eilande, Marmaris en Italië
Hoogtepunte (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)
- Istanbul: Unieke stad aan beide kante van die Bosphorus see geleë
- Laodisea: Een van die Sewe gemeentes word weens hul louheid gewaarsku ... die Here sal hulle “uit Sy mond spoeg”
- Hierapolis: Een van die grootste en mees uiteenlopende Nekropolisse ter wêreld
- Éfese: Een van die sewe gemeentes met sy indrukwekkende argitektuur
- Smirna: Een van die sewe gemeentes waar die bouvalle van die “markplein” of agora oopgegrawe is tesame met ander interessante oorblyfsels van daardie tyd
- Filadelfía: Een van die antieke Sewe Gemeentes, vandag bekend as Alaşehir
- Sardis: Antieke stad met ‘n geskiedenis wat meer as 3 000 jaar terug dateer
- Thiatíre: Een van die sewe gemeentes, vandag bekend as moderne Akhisar met sy eeu-oue basiliek en verskeie Griekse inskripsies
- Pérgamus: Een van die Sewe Gemeentes en eertydse hoofstad van ‘n groot pre-Romeinse koninkryk
- Kusadasi: Strandoord en gewilde vakansiestad op die Turkse Egeiese seekus
- Marmaris: Mediterreense strandoord op die Turkse riviera bekend as die "Turkoois kus"
- Napels: Mediterreense stad en streekshoofsted van Campania, Italië
- Pompeii: Bekend vir die Vesuvius vulkaanuitbarsting in 79 n.C.
- Civitavecchia: Hoof hawestad naby Rome
- Rome: Hoofstad van Italië
- Mykonos: Gewilde Griekse eiland bekand vir sy polsende naglewe, strande en sjarmate witgewaste geboue