Toerdatum: 13-23 Maart 2026
Oorsig
Kom toer saam met Jaco en Hanja Putter deur Turkye insluitend die Sewe Gemeentes van Openbaring en Kappdosië
Hoogtepunte (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)
- Istanbul: Unieke stad aan beide kante van die Bosphorus see geleë
- Kappadosië UNESCO wêreld-erfenis streek met kenmerkende "feetjie-skoorstene" en hoë keëlvormige rotsformasies en rotskerke
- Antiogië in Pisidië: Paulus en Barnabas reis vanaf Pafos daarheen
- Laodisea: Een van die Sewe gemeentes word weens hul louheid gewaarsku ... die Here sal hulle “uit Sy mond spoeg”
- Hierapolis: Een van die grootste en mees uiteenlopende Nekropolisse ter wêreld
- Éfese: Een van die sewe gemeentes met sy indrukwekkende argitektuur
- Smirna: Een van die sewe gemeentes waar die bouvalle van die “markplein” of agora oopgegrawe is tesame met ander interessante oorblyfsels van daardie tyd
- Filadelfía: Een van die antieke Sewe Gemeentes, vandag bekend as Alaşehir
- Sardis: Antieke stad met ‘n geskiedenis wat meer as 3 000 jaar terug dateer
- Thiatíre: Een van die sewe gemeentes, vandag bekend as moderne Akhisar met sy eeu-oue basiliek en verskeie Griekse inskripsies
- Pérgamus: Een van die Sewe Gemeentes en eertydse hoofstad van ‘n groot pre-Romeinse koninkryk