2025 ISRAEL saam met Ernst en Herculine Botha

10 Days

Toerdatum: 5-14 Oktober 2025

Oorsig (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)

2025 ISRAEL insluitend die Fees van Tabernakels saam met Ernst en Herculine Botha

Hoogtepunte (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)

  • Vlugte vanaf Kaapstad retoer: (Johannesburg vlugte op aanvraag beskikbaar)
  • Dooie See: "Laagste" plek op aarde 422m onder seespieël, Jordaniese en Israeli oornagte op die oewer van die See
  • Massada: Bergvesting in die woestyn / Ein Gedi: Dawid skuil hier teen Saul / Ahava-besoekersentrum (Dooie See kosmetiese- en velprodukte)
  • Jerusalem: Olyfberg, Dominus Flevit-kerk, Tuin van Getsémane, Kerk van Alle Nasies, Bad van Betésda, Peter in Gallicantu (Huis van Kajafas), via Dolorosa (Lydensweg), Bo-vertrek, “Great Synagogue”, Stad van Dawid, Hiskia se tonnel, Klaagmuur, Burnt House (museum), Suidelike trappe, Davidson Sentrum, Yad Vashem, Israel Museum, Tuingraf
  • Fees van Tabernakels: (bekend as Sukkot in Hebreeus), Jaarlikse Christelike viering van die fees in Jerusalem wat duisende Christene van ongeveer 100 lande na die stad trek. Opningseremonie by Ein Gedi ingesluit.
  • Genesis Land: In die hartjie van die Judese woestyn geleë waar die aartsvaders gewoon het. Geniet ‘n boedoeiene kameelrit-ervaring en ligte middagete soos dit in die Bybelse tyd was.
  • Galilea: Kapernaum, Berg van Saligsprekinge, Tabgha, Boot museum, Hula-vallei, Caesarea Philippi (Banias), Berg Tabor (van Verheerliking), Golan-hoogland, Bental
  • Bootvaart op die See van Galilea: Tyd vir nabetragting op ʼn tradisionele houtboot vanaf Tiberias na Kapernaum
  • Nasaret: Kerk van Aankondiging, Nazareth Village
  • Berg Karmel / Caesarea / Tel Aviv / Joppe
From R59980
/ Adult
Scroll to Top