Toerdatum: 2-14 Oktober 2025
Oorsig
2025 GREEFF toer na JORDANIË & ISRAEL insluitend die Fees van Tabernakels onder leiding van Ernst en Herculine Botha
Hoogtepunte (Volledige reisplan op aanvraag beskikbaar)
- Vlugte vanaf Kaapstad retoer: (Johannesburg vlugte op aanvraag beskikbaar)
- Dooie See: "Laagste" plek op aarde 422m onder seespieël, Jordaniese en Israeli oornagte op die oewer van die See
- Berg Nebo: Moses aanskou die Beloofde land hiervandaan
- Madaba: Mosaïek-kaart van die Heilige Land
- Petra: Antieke stad uit Rooi Graniet gekap en eers in 1812 ontdek
- Wadi Rum: UNESCO wêreld-erfenis woestyngebied
- Bootvaart op die Rooi See: Geleentheid om te swem en snorkel
- Massada: Bergvesting in die woestyn / Ein Gedi: Dawid skuil hier teen Saul / Ahava-besoekersentrum (Dooie See kosmetiese- en velprodukte)
- Jerusalem: Olyfberg, Dominus Flevit-kerk, Tuin van Getsémane, Kerk van Alle Nasies, Bad van Betésda, Peter in Gallicantu (Huis van Kajafas), via Dolorosa (Lydensweg), Bo-vertrek, “Great Synagogue”, Stad van Dawid, Hiskia se tonnel, Klaagmuur, Burnt House (museum), Suidelike trappe, Davidson Sentrum, Yad Vashem, Israel Museum, Tuingraf
- Fees van Tabernakels: (bekend as Sukkot in Hebreeus), Jaarlikse Christelike viering van die fees in Jerusalem wat duisende Christene van ongeveer 100 lande na die stad trek. Opningseremonie by Ein Gedi ingesluit.
- Genesis Land: In die hartjie van die Judese woestyn geleë waar die aartsvaders gewoon het. Geniet ‘n boedoeiene kameelrit-ervaring en ligte middagete soos dit in die Bybelse tyd was.
- Galilea: Kapernaum, Berg van Saligsprekinge, Tabgha, Boot museum, Hula-vallei, Caesarea Philippi (Banias), Berg Tabor (van Verheerliking), Golan-hoogland, Bental
- Bootvaart op die See van Galilea: Tyd vir nabetragting op ʼn tradisionele houtboot vanaf Tiberias na Kapernaum
- Nasaret: Kerk van Aankondiging, Nazareth Village
- Berg Karmel / Caesarea / Tel Aviv / Joppe